Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 12223 reviews.
"Hartseer om 2022 se dorp van die jaar so te sien. Paaie kort aandag en hoofstraat en omgewing, sien vervalle daaruit. Met heelwat bekende wegneemeetplekke, is daar net een restaurant waar 'n maaltyd genuttig kan word."
"Clarens is pragtig en 'n gunsteling afblaas naweekplek. Naby genoeg aan die huis om nie te ver te ry nie. "
"Clarens remains one of our favourite local destinations - even more so now that we travel with our dog."
"Lief Clarens. Dis waar jy rus vir jou siel vind. Heerlike natuur en rus naweek."
"Pragtige dorp, vriendelike mense. Ons was verras met wat die dorp bied, Park Run gedoen en lekker geëet. Berg is pragtig! Ongelukkig laat die Munisipaliteit die dorp in die steek, sommige strate is tot niet. Inwoners help self en maak 'n waardevolle verskil."
"Slegter paaie is daar seker nie in SA nie. Een van die dae is Bethlehem net vir 4x4 voertuie."
"Bethlehem is die perfekte balans tussen besige stad en plaasdorp. Alles wat jy nodig het, is naby en dit is rustig genoeg as jy net bietjie jou skoene wil uitskop."
"Hartseer oor hoe die plek agteruitgaan. Maar ons hou moed. Die hele Vrystaat is stadig maar seker besig om te probeer verbeter. Dalk sal ons Hoofstad ook beter word. Maar die inwoners probeer 'n verskil maak."
"Small, clean place and very safe. There is good security in the area and many fun things to do in and around and will recommend it to anyone. The people of the town are quite friendly too."
"Uitstekend kan nie vir 'n meer wonderlike tyd en ontspanningsplekkie gevra het nie."
"As inkopies doen en uiteetplekke probeer jou ding is dan sal Clarens jou verwelkom. As jy druk verkeer en 'n gesoek na parkeerplek verpes gaan Clarens jou aanvanklik skok, want die plek is besig. Vir my persoonlik is Clarens meer 'n naweekwegbreek as 'n langer vakansieplek. As jy van stap hou gaan jy in die wolke wees oor al die wandelpaaie. Daar is ook 'n rystoelvriendelike staproete."