Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Karoo

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo

Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.

Hanover, Karoo

Brandwag B&B

"Ek is seker ons sal die dorp volgende keer beter kan verken as ons meer tyd het."

Hanover, Karoo

3 Darling Street Guest House

"Klein dorpie, baie potensiaal."

Willowmore, Karoo

Vaalwater Bush Camp

"Het die dorpie geniet en dit moenie verbygery word op pad George of binneland toe nie. Naas Klaarstroom die skoonste dorpie waardeur ek die vakansie was. Jammer daardie pragtige skoolgebou is besig om te verval en verwaarloos te word. Maak 'n draai by Belly Deli. In plaas van een groot melkskommel te bestel, bestel twee of drie verskillende geure gelyk soos die Amarula-een, heerlik. Lekker ontbyt geëet en gesnuffel in die verskillende unieke afdelings onder een dak."

Victoria West, Karoo

Tuis Huis

"'n Pragtige Karoodorp met stofstrate, windpompe en mense wat mekaar in die strate groet! Mal daaroor. As jy hou van blink liggies en aksie, is hierdie nie vir jou nie. Hier hoor jy nie eers 'n hond blaf nie! "

Hanover, Karoo

Boutique Guesthouse Hanover

"Die mooiste, kleinste dorpie!"

Gariep Dam, Karoo

Gompou Straat 7

"Die dam is verskriklik groot en pragtig, die uitsig is soos 'n droom."

Loxton, Karoo

Die Rooi Granaat

"Daar is nie veel te doen in Loxton nie. Wou graag die plek sien, maar weet nie of ek weer daarheen sal gaan nie. Bietjie uit die pad van alles."

Colesberg, Karoo

Chrizaan Guest House

"Beperkte eetplekke en wegneem etes beskikbaar."

Graaff-Reinet, Karoo

Camdeboo Cottages

"Besoek gerus Vallei van Verlatenheid. Pragtig met sonopkoms!"

Prince Albert, Karoo

Brakdakkie Guest Cottages

"'n Moet om te sien asook die Swartbergpas."

Graaff-Reinet, Karoo

KarooRus

"Bekoorlike dorp. Heerlik om nog tot 21:00 by die Spar te kon inkopies doen na 'n lang dag op die pad. "

Beaufort West, Karoo

Die Kussinkie

"Lekker kos by verskeie restaurante."

Colesberg, Karoo

Horse and Mill Guesthouse

"Ietwat van 'n slordige, onveilige plek met nie veel om te doen nie. Heel orraait vir 'n aandjie se verblyf, maar sal beslis Graaff-Reinet sterker aanbeveel!"

Beaufort West, Karoo

Grace's Place

"Vir oornag, 'n oulike plek."

Nieu-Bethesda, Karoo

Country Cottages

"Om die oujaar in Nieu-Bethesda af te sluit, is 'n onvergeetlike ondervinding wat elkeen aan hom-/haarself verskuldig is."

Richmond, Karoo

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"Baie mooi dorpie met baie potensiaal as 'n toeristebestemming. Die dorp is baie vervalle en baie vuil en ons glo dat dit maklik deur die gemeenskap netjies en skoon gehou kan word. Ek dink die gemeenskap daar moet meer bewus gemaak word dat hulle kan baat daarby en van die potensiaal van die dorp bewus gemaak moet word. Daar is pragtige ou geboue daar met tonne geskiedenis en moet bewaar word vir die toekoms. Verblyf was goed daar maar ons was werklik teleurgesteld in hoe die plek verwaarloos word en vuil is Richmond is 'n juweel vir toerisme, maar daar sal drasties iets gedoen moet word omtrent die verwaarlosing van alles daar en die vuilheid rommel strooiing en paaie wat uiters swak is, tuine wat nie onderhou word nie en net agteruitgang van 'n pragtige ou dorp!"

De Rust, Karoo

Room @ Irissa Rainbow Sanctuary

"Baie oulike 'one-stop' dorpie. Die restaurant 'Herrie' se diens was stadig, maar die kos was baie lekker."

Graaff-Reinet, Karoo

Mossievale Guest Cottage

"Baie interessante dorpie met sy besienswaardighede en geskiedenis. Ons was werklik baie veras gewees. Dit is n merkwaardige skoon dorpie."

Williston, Karoo

Zakrivier Guest Farm

"Pragtige klein Karoo dorp. Lekker aandete geniet by Manna op die dorp, enige tyd sal ek die restaurant aanbeveel! Die dorp het dan nog grond paaie!! "

Britstown, Karoo

Sweetfontein Boutique Farm Lodge

"Sal nie in Britstown self gaan bly nie, veral as jy op 'n plek soos Sweetfontein kan bly."

Nieu-Bethesda, Karoo

Starry Nights Guest House

"Oulike dorp om te besoek en net te ontspan."

Loxton, Karoo

Die Rooi Granaat

"Rus vir 'n mens se siel!"

Nieu-Bethesda, Karoo

Nieu-Zebra

"'n Moet sien! Dit vat jou terug in tyd, stof paaie, veilig area waar kinders in die strate speel. Baie winkels, en plekkies om te eet. Die uilhuis is baie interessant, my seuns het van al die fossiele gehou, en was mal daaroor om in die rivier van hulle te gaan soek. 'n Paar biere by die brouery is altyd lekker, terwyl die kinders in die damswembad swem! Ag nee wat! Dink nie iemand sal spyt wees om hierdie dorp te besoek nie!"

Colesberg, Karoo

Ebenezer Guest House

"Goeie oornagplek op pad na vakansieplek."

Murraysburg, Karoo

Freek's Cottage Farm

"Nie wel bekende area nie, nie iets gewees wat ons aandag getrek het om te gaan besoek in die area nie."

Vanderkloof, Karoo

Tipuana B&B

"Die bootrit op die dam en die Oppidek Restaurant is die enigste hoogtepunte."

Philippolis, Karoo

Die Stal

"Pragtige Vrystaatse dorpie, met mooi geboue en vriendelike atmosfeer. Ten spite van die feit dat ons 18:00 eers gearriveer het, kon ons nog kies tussen 3 eetplekke vir aandete, en het selfs nog die unieke antieke en kunswinkel in die Hoofstraat besoek. Die landelikheid, mooi ou huisies en groot dorpserwe dra by tot 'n unieke ervaring. Ek ken die Vrystaatse platteland goed, en die besoek aan Philippolis het my met nostalgie vervul, en was definitief die moeite werd."

Prince Albert, Karoo

Bougain Villa

"Prins Albert is 'n bekoorlike klein dorpie aan die voet van die Swartberge en dus is die omgewing pragtig, ten spyte van die droogte. Die strate is netjies en skoon en die mense vriendelik. Ek dink die Munisipaliteit moet egter aandag gee aan die lekker breë hoofstraat wat deur sommige inwoners en besoekers soms as 'n resiesbaan gebruik word - hulle steur hulle beslis nie aan die spoedbeperking nie. Spoedwalle kan dalk 'n opsie wees?"

Noupoort , Karoo

Jalomè Guest House

"Noupoort looks very rough, but it is a convenient stopover."

Gariep Dam, Karoo

Orange Valley at Shekinah Guest Farm

"Much better town to stop over."

Page
Page 381 - Showing 11401 to 11430
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!