Verified Reviews
Umhlanga
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Umhlanga
Rated 4.7 out of 5 based on 333 reviews.
"Mal oor Umhlanga, lekker vibe, veral by die village. Ek is net bly ek hoef nie elke dag met 'n handrat kar daar rond te ry nie. Lekkere baie bulte en opdraendes by interseksies. Sal weer terug kom Umhlanga toe."
"Umhlanga is 'n uitstekende vakansiebestemming, gaan elke jaar vir 'n week daar vakansie hou."
"Lekker kuierplek vir jongmense. Die promenade wat na die natuurreservaat lei is 'n groot aanwins en lekker vir jonk en oud."
"Umhlanga is gerieflik geleë met al die nodige infrastruktuur vir beide besigheid en vakansie gangers. "
"Geniet altyd Umhlanga. Net jammer dit raak nou oorontwikkel en heeltemal toegebou. Ons het altyd die parke en groen areas geniet. Die ekstra hoë geboue gee dit 'n stadsatmosfeer veral die verkeer oor die naweke en spitstyd is 'n riller."
"Baie skoon en alles is naby. Stand was verbasend skoon na die vreeslike reën. Toiletgeriewe was bo verwagting baie skoon."
"Baie besige area en meer gepas vir mense wat soek na die nightlife van die plek en nie omgee vir orals in verkeer sit nie."
"Dit het 4 dae aanmekaar gereën. Die motorafdak het nie 'n dak gehad nie. Stoepie het ook nie dak gehad nie en was dus nutteloos in die reën. Voorstel dat dak opgesit moet word, dan was alles perfek."
"Umhlanga is ideale plek vir vakansie. Winkels en restaurante is volop. Die Breakers se strand is toe a.g.v. giftige besoedeling en moes ons ver stap om op die strand te kom."
"Baie moderne en duur vakansieplek met min normale en bekostigbare winkels. Is meer "for the rich and famous" mense."
"Wish they can make the promenade right through until Durban central beach, that would be a really nice walk."
"Not so much the quiet, relaxed, family-friendly destination it used to be a few years back. But if you're into enjoying and meeting lots of people, getting dressed up for night life and sitting in traffic similar to Sandton, then Umhlanga is awesome! Depends on the type of holiday you are looking for. If you just want to relax, be quiet, read a book and enjoy the fresh air of the coast, then this might be a little too busy a destination."
"We did not swim in the ocean due to sewage and chemical contamination. It is completely overdeveloped and congested now, and has lost the charm that it once had."
"Al negatiewe kommentaar is die besige verkeer teenoor 'n plek soos Ballito, maar restaurante is volop en die kos is uitstekend."