Ná ’n lang winter kan ’n mens mos nie wág om weer jou sonhoed uit die kas te haal en kaalvoet op die strand te gaan stap nie. Dis beslis hoe ons die somer gaan vier! Bespreek een van dié mooi strandhuise vir jou en jou gesin voor dit opgeraap is, sodat julle ook die son, see en vreugde van die somer kan geniet. 

On the Dunes in Noordhoek – Wes-Kaap

Plek vir: 8 gaste
Bonus: Rolstoelvriendelik

Selfsorg, self-catering, accommodation, lekkerslaap lekker slaap verblyf groep see strandhuis see uitsig uitsig oor die see verblyf in kaapstad beac houses in cape town Chapmans-piek., Noordhoek, Kaapstad Wes-Kaap

Dié strandhuis is spesiaal vir verskeie redes: Dis rolstoelvriendelik, dis op die strandfront in Noordhoek én dis aan die voet van Chapmanspiek wat dit ’n huis met ’n besonderse ligging maak. Die hoofslaapkamer spog met ’n privaat balkon en verder is daar ’n mooi dek met ’n swembad vir daardie warm somersdae. 

Verblyf by die see accommodation at the coast lekkerslaap lekker slaap selfsorg self-catering strandhuis beach house in the western cape

Kliek hiér vir die tariewe. 


Dazzling View — Wes-Kaap 

Plek vir: 10 gaste
Bonus: ’n Onverbeterlike uitsig

Knysna Heights, Knysna selfsorg verblyf infinity pool swembad somer lekker slaap blyplek in Knysa met swembad swimming pool with a view amazing views accommodation verblyf

Dazzling View bied verblyf in Knysna Heights met ononderbroke uitsigte oor die strandmeer. Die huis is perfek vir ’n groep familie en vriende wat mal is oor die see, oorgenoeg spasie nodig het en wat heel naweek ’n vuurtjie wil laat brand terwyl daar in die swembad baljaar word. Daar is selfs twee platskerm-TV’s en ’n klankstelsel.

Kliek hiér vir die tariewe.


The Beach House — KwaZulu-Natal

Plek vir: 8 volwassenes en 4 kinders
Bonus: Troeteldiere is welkom

The Beach House skuil aan die Suidkus van KwaZulu-Natal, bied maklike toegang tot die strand en het ’n mooi uitsig oor die see. Dié huis is netjies, groot genoeg vir die hele gesin en het ’n lieflike swembad, asook ’n braai- en tuinarea waar julle kan kuier, in die son baai en natuurlik heel naweek lank kan braai.

verblyf in kzn see uitsig swembad somer desember lekker slaap ek soek verblyf where to stay in kzn

Kliek hiér vir die tariewe. 


4 Zwaan — Oos-Kaap

Plek vir: 8 gaste
Bonus: Eksklusiewe strandfronteenheid

Jeffreysbaai verblyf accommodation self catering lekker slaap lekkeslaap

As julle mal is oor ’n see-uitsig móét julle by 4 Zwaan in Jeffreysbaai aanklop. Hierdie besonderse huis is lekker groot en het plek vir agt gaste in vier slaapkamers. Die kombuis is goed toegerus en het selfs ’n skottelgoedwasser vir ekstra gerief! Ons is veral mal oor die ingeboude braai en kaggel. 

Paradise Beach in Jeffreysbaai self catering selfsorg verblyf sea view  beachouse strandhuis

Kliek hiér vir die tariewe. 


Gypsea Daze — KwaZulu-Natal

Plek vir: 8 gaste
Bonus: Eksklusiewe strandfronteenheid

Pennington self-catering accommodation selfsorg verblyf by die see lekker by die see waar om te bly see uitsig seaview luxury pool

Gypsea Daze is ’n moderne selfsorghuis in Pennington en het die mooiste uitsig oor die see en riviermond. Pennington se tweede strand is twee minute se ry ver en daar is ’n getypoel by die hoofstrand waar kinders heerlik kan baljaar — niemand sal hier verveeld wees nie. Kom ontspan op die dek, lê langs die swembad en gooi ’n paar tjoppies oor die kole. 

Pennington KwaZulu-Natal beach house stranduis in KwaZulu-Natal seaview strand uitsig lekkerslaap verblyf waar om te bly where to stay

Kliek hiér vir die tariewe. 


Beach Villa — Wes-Kaap

Plek vir: 6 gaste
Bonus: Die villa het ’n privaat jetty.

Thesen Islands beachhouse strandhuis selfsorg selfcatering lekker slaap lekkeslaap verblyf op die strand accommodation in the beach

Kom skop julle skoene hier by Beach Villa uit, want hiér kan julle ordentlik rus. Dié moderne huis is reg op Theseneiland se strand en spog met ’n kombuis wat goed toegerus is, vuurmaakplek en ’n lieflike dek met sonstoele, braaigeriewe en trappe wat direk na die strand lei.

Theseneilande thesen verblyf accommodation where to stay self catering beach view seaview lekkerslaap

Kliek hiér vir die tariewe.


The Water House — Wes-Kaap

Plek vir: 10 gaste
Bonus: Baie privaat

Hermanus verblyf by die see see uitsig beach view sea view on the beach in the western cape walviskyk whale watching lekkerslaao hermanus accommodation

The Water House, ses kilometer buite Hermanus, is perfek vir gesinne met ’n liefde vir watersport aangesien dit lekker naby die water is. Dié huis is ook ideaal vir diegene wat ’n privaat vakansie verkies, want dit is op ’n landgoed waar daar net sewe eenhede is. Die stoep het ’n pizza-oond, braaigeriewe en direkte toegang tot die swembad en strandmeer.

Hermanus stay getaway stay on the beach beach houses for big groups

Kliek hiér vir die tariewe. 


Sandpiper — Oos-Kaap

Plek vir: 10 gaste
Bonus: Direkte toegang tot die strand.

Kaap St. Francis Cape st francis on the beach beach house in western cape seaview direct access to beach

Hier in die gewilde Kaap St. Francis-oordSandpiper vir julle en wag om herinneringe te kom maak. Daar is vyf slaapkamers met en suite-badkamers — oorgenoeg plek vir die hele gesin. Kom span langs die swembad uit, braai ’n worsie vir middagete en loop af strand toe wanneer die son sak, want julle verdien om af te skakel! 

Cape st francis beach accommodation lekker slaap lekke slaap beach house sea view

Kliek hiér vir die tariewe. 


The Sugar Shack — KwaZulu-Natal 

Plek vir: 6 gaste
Bonus: ’n Swembad met ’n uitsig oor die promenade.

Ballito, KwaZulu-Natal seaview beach house accommodation getaway on the beach lekker slaap self-catering selfsorg verblyf by die see see uitsig

Vir ’n beter uitsig kan ’n mens nie vra nie! Dié eenheid skuil in Ballito en het geriewe soos ’n instapkas, ’n ekstra lang koninggrootte-bed in een van die kamers en hangmatte om julle wegbreek so effe luukser as gewoonlik te maak! By die vuurput kan julle braai terwyl julle na die see se gedruis luister. 

Bly in Ballito met 'n see uitsig beach house strandhuis verblyf accommodation lekkerslaap seaview

Kliek hiér vir die tariewe. 


Kanon Private Nature Reserve — Wes-Kaap

Plek vir: 6 gaste
Bonus: Hier kan julle wildkyk.

Kanon Private Nature Reserve self-catering holiday accommodation Mossel Bay in Cape Vacca Vleesbaai

Kanon Private Nature Reserve is sowat tien kilometer vanaf Vleesbaai en het ’n hele paar eenhede om van te kies. Ons is mal oor elkeen van dié eenhede wat ideaal is vir gesinne en elk houtskool- of gasbraaigeriewe, ’n TV en gratis WiFi het. 

Kanon Private Nature Reserve self catering beach accommodation sea view strandhuis

Kliek hiér vir die tariewe. 

Waarvoor wag jy? Maak seker jy en nou gesin het solank ’n huisie by die see vir wanneer die son weer skyn en ons heerlik op die strand kan uitspan!

Hooffoto: The Sugar Shack, LekkeSlaap