Verified Reviews
North West
All reviews have been left by TravelGround customers staying in North West
Rated 4.1 out of 5 based on 3111 reviews.
"Die dam is regtig vuil, veral voor die tonnel. Ingryping is noodsaaklik. Gaan agteruit."
"With the roadworks currently in the area, it is a bit hectic, but once done it is a very nice area."
"A small and pleasant place that is a good alternative to staying in the Pilanesberg."
"Mooi, vriendelike plek, maar is so erg gefokus op toeriste dat sekere aktiwiteite onbekostigbaar raak vir plaaslike mense."
"Baie toeristedorpe het groot borde met die omgewingskaart daarop op strategiese plekke. Glo dit sal waarde toevoeg."
"Vryburg is 'n goeie stop op die pad na Namibië. Wou graag ons familieplaas besoek en het dit gedoen, maar is onseker oor ander besienswaardighede daar."
"Baie interresante stad met vreeslik baie besighede. Ons verblyf was baie aangenaam."
"Vrybrug is 'n plaas-gemeenskap. Gasvryheid en vriendelike mense. Pragtige wildsplase in omgewing."
"Ons het die Duitse Basaar terdeë geniet! So ook die staptog by Kranskloof, uitdagend maar mooi!"
"Die Groot Marico en Bosveld groet mekaar in 'n panoramiese skildery van plantegroei en diere. Watergate en rietvleie is algemeen, maar duidelik 'n groot voorreg om te kan beleef. Perfek geleë tussen Mafikeng en Zeerust."
"Mogwase is a small town with minimal convenience, but extremely close to the Pilansberg - easy access to Monyane gate."
"Rustige plaasatmosfeer, straatmark, mampoerproe en toer was ook baie lekker. Het bietjie meer tyd nodig gehad om meer te verken, maar sal weer gaan."
"Met die baie vragmotors op die N14 is besoek aan enige van die dorpe problematies."
"Naby Pretoria en Johannesburg. Brits en Impala Vleismark is naby vir lekker vleis, en Jasmyn Padstal is daar vir groente en vrugte. Baie om te sien en te doen."
"Die dorp is groter as wat ek verwag het. Daar is oral besighede en ontwikkeling. In die omgewing is daar genoeg plekke om te eet. Ek moet wel sê die strate is in 'n haglike toestand. Regdeur die dorp waar ek gery het was slegte slaggate. Daar was baie en sommige is erg diep. Die dorp kort munisipale leierskap."
"Try book accommodation that's more inland so as to not hear white noise i.e. traffic."
"Paaie is nie baie goed nie. Het nie baie van die dorp gesien nie, maar dit was OK."