Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
"Langebaan en omgewing asook die Natuurreservaat is ongelooflik mooi!"
"Pragtige Weskus dorp met 'n heerlike atmosfeer en netjiese voorkoms. Pragtigste sonsondergang oor die water. Gerieflik geleë binne 1 uur vanaf Kaapstad en met Darling net 15 km weg is dit 'n goeie keuse vir 'n heerlike vakansie."
"Brenton on Sea is perfek weggesteek en tog redelik naby aan Knysna as jy die ekstras nodig het om te koop."
"Agulhas is 'n fantastiese plek. Sal enige tyd as ons die kans het weer daar kom kuier."
"Prins Albert is 'n plek waar jy onmiddellik tuis voel. Die plek het 'n styl en rustigheid wat tasbaar is wanneer jy die dorp in ry. Daar is ook wonderlike plekke om te besoek en te kuier. Almal is vriendelik en gaan uit hulle pad uit om te help en jou te laat tuis voel."
"Mooi visdorpie met die pragtige hawe en eiland wat 'n besoek werd is."
"Ons het op Maandagaand na die seefront gestap en baie ander toeriste ook daar aangetref wat die see dopgehou het op soek na tekens van walvisse. Ons was dankbaar om verskeie walvisse te kon sien. Ons was baie dankbaar vir die goeie huisvesting wat ons deur middel van LekkeSlaap kon bespreek."